Grey se
geskiedenis en ontwikkeling is nou verweef met die van die Vrystaatse Republiek
wat slegs ‘n ander halfjaar vroeër tot stand gekom het en net soos die staat,
sy donker dae geken het en hul op skitter wyse te bowe gekom het. Van die begin
af was die band tussen skool en staat besonder heg en het drie van die ses
presidente van die Vrystaat op een of ander tyd die voorsitter van die
kuratorium gewees. (100.p1)
‘n Duidelike
begrip van die omstandighede waarin die Vrystaat tot stand gekom het en waarin
hy na aanvanklike stryd gegroei het, is nodig om die groei van Grey Kollege te
waardeer.
Die direkte
effek van oorloë is nie vir Grey vreemd nie. Grey Kollege is gestig in die
midde van ‘geskille tussen die jong republiek van die Vrystaat en die
Basotho’s. Grey se seuns moes soms op kommando vertrek op hul nuwe vaderland te
help verdedig. Die feit dat Engelsprekende Vrystaters net so vasberade soos die
Boere geveg het, was ‘n band wat die twee seksies van die bevolking saamgesnoer
het en dit het hul gemeenskaplike trou aan die republiek beklemtoon. (100:p1)
Die anneksasie van die Griekwalandse Delwerye deur Brittanje het weereens
Engels en Afrikaans sprekendes nouer saamgebind
Nadat
pogings deur die Kaapse Goewerneur, Cathcart, om ‘n grensskikking met die
Basoetoe af te dwing, besluit om van die Vrystaat te ontrek. Sir George Clerk
wat as spesiale verteenwoordiger gestuur is om die heerskappy van Brittanje te
beëindig, het op 23 Februarie 1854 die Bloemfonteinse konvensie onderteken wat
die Vrystaat se susereine onafhanklikheid gegee het. Slegs agtien maande later
is Grey Kollege gestig.
Met ‘n
diplomatieke besoek van Sir George Grey aan die Vrystaat om ‘n daadwerklike
ooreenkoms met die Basoetoe te verkry, is die geld geskenk om ‘n skool te stig.
‘Grey
Kollege het bewys dat hy ‘n skool is waar seuns uit albei die taalgroepe mekaar
op gelyke grondslag kan ontmoet en mekaar kan leer ken en verstaan’.
Tydens Pres
Paul Kruger se besoek aan die Vrystaatse republiek, het die seuns van Grey
Kollege opgetree as die presidentswag vir Pres Steyn wat selfs ‘n Old Grey was.
In 1895 na
die Jameson inval in Transvaal, moes die Vrystaat van hul tradisionele middeweg
afwyk en is voor ‘n keuse gestel tussen Kruger en Milner. Die gevoel onder die
meeste Vrystaatse burgers was om by hul broers in die Transvaal te staan.
Die Suid –
Afrikaanse oorlog (1899 – 1902) het die eerste uitdaging vorendag gebring om
die skool verenig te hou, want skoliere aan die skool het uit beide Afrikaans
en Engelse huise gekom. Bekende Old Greys het aan Boere kant geveg soos
Schneider, Denys Reitz, ens. Die meeste
seuns het volgens wetlike voorskrif by die kommando’s aangesluit. ‘Op 8
September 1899 het die kuratorium of
beheerraad toestemming gevra om die koshuis te sluit omdat daar slegs 18 uit
die 100 seuns oor was in die koshuis. Die oorblywende agleerlinge is nog steeds
deur Dr Brille en Mnr Daniel behartig. Aanvanklik het die Vrystaatse regering
besluit om die koshuis te gebruik vir siekes en gewondes, maar nadat Lord
Roberts Bloemfontein beset het is die koshuis vir die volgende agtien maande
deur die Britte as Militêre hospitaal gebruik. Na die vredesluiting het Grey
Kollege weer die gebou beset in Augustus 1902.
Grey Kollege
moes onder ‘n nuwe regime voortgaan met daardie gees van verdraagsaamheid en
samewerking wat ‘n kenmerk was te handhaaf. ‘(100p1)
Tydens die
eerste Wêreld Oorlog en die rebellie van 1914 het die pro Brits en pro Duitse
ding weer sy kop uitgesteek.
Met die
uitbreek van die Tweede Wêreld Oorlog was die Pro – Duits en Pro Britse konflik
nie vreemd aan die skool nie. Met bekende ouers van Pro – Duitse leiers op Grey
soos die Maritze en Hans van Rensburg. Die leier van die Pro – Duitse faksie
Robey Leibrandt was ‘n Old Grey. Bekende Old Greys soos Genl Poole Smuts se
adjudant.
In die
onderhoude hou al die Old Greys voet by stuk dat Grey nie verdeeld was nie, was
daar wel verskeie vorme van konflikte onder die seuns op die speelgrond.
Mnr Wedepohl
se herinnering was dat die Britse gesinde seuns hom gereeld gedonder het omdat
hy Duits sprekend was en ‘n sogenaamde Nazi. Hy weet nie eers wat ‘n Nazi was
nie is sy verweer en is tot vandag toe ontevrede oor die insidente. Mnr Schmidt
weer te vertelle dat die Britse gesinde en die Duits gesinde twee lyne getrek
het waaragter hul moes staan en dan mekaar met klippe bestook tydens pouses.
Dit het voortgeduur totdat een seun ernstig beseer is.
Manie Maritz
vertel weer dat as hul teen St Andrews in Bloemfontein rugby gespeel het, is hy
geboe deur die Saints seuns en ‘n Ossewabrandwag genoem en as hul weer teen die
Afrikaanse skool Sentraal speel het die weer vir hul geskree dat hul Joodse
boere was omdat daar so baie Joodse seuns aan Grey studeer het.
Soos vele
ander politieke partye en soortgelyke organisasies, het die Ossewabrandwag ook
in Bloemfontein tot stand gekom in 1938. Die doelwitte van die OB was die
onderhoud, uitbreiding en realisering van die Afrikaners se tradisies en
beginsels uit te bou. Die OB was teen Suid – Afrika se deelname aan Britse kant
en die OB was van die opinie dat ‘n Duitse oorwinning weer ‘n Afrikaner
republiek tot stand kan kom. Plaaslike Hoërskool met soortgelyke sentimente is
gewerf en dat na kampterreine op plase in die omgewing gestuur om opleiding in
krygskuns en Afrikanerskap. Een van hierdie seuns was Manie Maritz van Grey
Kollege wat later beroemd sou word as professionele stoeier. Sy Vader was die
befaamde Boere –Generaal Manie Maritz
wat ook hoof van die polisie was in die Smuts regering. Gedurende sy dae op Grey
beskryf hy homself as ‘n patriot en rebel en
beide hom en sy vader se aktiwiteite het die polisie se aandag getrek.
Manie Maritz is self eendag by Grey opgelaai deur die polisie en vir ses ure
ondervra oor hul aktiwiteite. Sy sterk anti – Britse sentimente het veroorsaak
dat hy geweier het om te dril tydens kadette wat volgens hom ‘n groot
konsternasie veroorsaak het en hy kon op die kant sit. Maritz vertel dat hy en
Robbey Leibrandt, wat toe al ‘n oudleerling van Grey was, een aand voor ‘n
groot kadet skiet kompetisie, by die skool ingebreuk het al die .22 gewere en
ammunisie gesteel het. Alhoewel verskeie onderwysers vermoed het dit was hulle,
niks hieroor gesê het nie. Volgend Maritz het hul die gewere aan verskeie OB
groepe in die omgewing uitgedeel.
Verder het
hy ‘n petisie opgetrek waarin hy versoek het dat ‘n klompie Jode uit die skool
gesit moet word anders gaan hy en ‘n klomp boereseuns wat die petisie
onderteken het Grey verlaat. Die gematigde skoolhoof, Jock Murray Meiring, wat
die bynaam van ‘Chief’ onder beide personeel en leerlinge gehad het, het gehoor
van die petisie en vir Manie na sy kantoor ontbied. Meiring het aan Maritz die
opsie gegee om te staak met die petisie en dit vir hom te bring of hy word
onmiddellik uit Grey geskors. Maritz het dit vir Meiring gebring wat hy
onmiddellik opgeskeur het.
Die
skoolhoof tydens die oorlogsjare was Jock Murray Meiring wat as chief deur sy
personeel en seuns aangespreek is. Hy was oorspronklik van Piketberg in die Wes
– Kaap en dit was sy taak om Grey deur die oorlogsjare verenig te hou wat hy
suksesvol reg gekry het.
Klaasman, nadat ek hierdie greep van jou gelees het, verstaan ek hoekom Jock Meiring so 'n groot gees was en legende is..... ek dink dit het machangas gekos om Grey bymekaar te hou in daardie moeilike tye
ReplyDelete