Reunie Saal
Die Reunie
saal, Grey Kollege se skoolsaal wat merendeels deur die senior kant of
hoërskool gebruik word, word beskryf as die fisiese hart van Grey Kollege. Dit
moet onderskei word van die ander groot saal op Grey Kollege se kampus naamlik
die eeufees saal wat tydens die skool se 100 jarige vieringe gebou is en
meestal deur die laerskool gebruik word.
In die
Reunie Saal vind van die meeste tradisies van Grey Kollege sy beslag. Dit is
soos ‘n heiligdom soos ‘ kerk is Wilhelm Landman se kommentaar oor die unieke
saal. Vir meeste skole is hul skoolsaal net ‘n plek waar almal bymekaar kom vir
saalperiode, maar vir leerlinge van Grey Kollege is die Reunie saal meer as ‘n
bymekaar kom plek. Oud leerlinge beskryf dit as ‘n ervaring om ‘n saal periode
by te woon in die unieke rooi baksteen saal met sy groot houtbalke met die
naamborde van presteerders in Grey Kollege en dan reg rondom die saal, die
glaskaste waar springbok rugby truie, eeu oue silwerware wat as trofee dien
uitgestal word. Dit is vir die Grey seun
‘n unieke ervaring om langs ‘n kas te sit met Morne du Plessis se rugby trui in
of die glaskas met Hansie Cronje se memorabilia in.
Die
skoolsaal se ontstaan het ook sy eie unieke geskiedenis aan hom. Grey seuns het
nog met die draai van die vorige eeu vir byeen komste in die vierkant langs die
skool bymekaar gekom. Uit verskeie oorde het na die boere oorlog die versoek
gekom om ‘n skoolsaal op te rig om die seuns tydens byeenkomste te huisves. Die
departement van onderwys het skoolsale nie as ‘n noodsaaklikheid beskou nie en
die het die skoolhoof Jock Meiring (19) die nasionale reunie van Grey genader op
te help met die oprigting van die skoolsaal.
Grey se
Nasionale Reunie het borg gestaan vir ‘n lening van £4000 wat later met £500
vermeerder is. Meiring het waardering gehad vir die band tussen Oud – Grey en
die skool en was verantwoordelik
daarvoor dat die saal nie na een of ander welbekende Oud Grey vernoem is nie
maar eenvoudig net die Reuniesaal . Die saal is gemeubileer deur Oud-Greys wat
elkeen £2 geskenk het vir ‘n stoel met sy naamplaatjie daarop. Die saal skep
die atmosfeer van ‘n Eton of ‘n Oxbridge College en is die siel van die skool
en versinnebeeld die onbreekbare band tussen alle Oud-Greys. (Lewende erfenis
p18).
Michael Horak oorhandig sy Engeland Rugby Trui
Rueben Kruger na die 95 Wereldbeker Oorwinning
85 All Blacks in Reunie saal


No comments:
Post a Comment