Friday, September 20, 2013

Kort Geskiedenis van Reunie Saal

Reunie Saal
Die Reunie saal, Grey Kollege se skoolsaal wat merendeels deur die senior kant of hoërskool gebruik word, word beskryf as die fisiese hart van Grey Kollege. Dit moet onderskei word van die ander groot saal op Grey Kollege se kampus naamlik die eeufees saal wat tydens die skool se 100 jarige vieringe gebou is en meestal deur die laerskool gebruik word.
In die Reunie Saal vind van die meeste tradisies van Grey Kollege sy beslag. Dit is soos ‘n heiligdom soos ‘ kerk is Wilhelm Landman se kommentaar oor die unieke saal. Vir meeste skole is hul skoolsaal net ‘n plek waar almal bymekaar kom vir saalperiode, maar vir leerlinge van Grey Kollege is die Reunie saal meer as ‘n bymekaar kom plek. Oud leerlinge beskryf dit as ‘n ervaring om ‘n saal periode by te woon in die unieke rooi baksteen saal met sy groot houtbalke met die naamborde van presteerders in Grey Kollege en dan reg rondom die saal, die glaskaste waar springbok rugby truie, eeu oue silwerware wat as trofee dien uitgestal word. Dit is  vir die Grey seun ‘n unieke ervaring om langs ‘n kas te sit met Morne du Plessis se rugby trui in of die glaskas met Hansie Cronje se memorabilia in.
Die skoolsaal se ontstaan het ook sy eie unieke geskiedenis aan hom. Grey seuns het nog met die draai van die vorige eeu vir byeen komste in die vierkant langs die skool bymekaar gekom. Uit verskeie oorde het na die boere oorlog die versoek gekom om ‘n skoolsaal op te rig om die seuns tydens byeenkomste te huisves. Die departement van onderwys het skoolsale nie as ‘n noodsaaklikheid beskou nie en die het die skoolhoof Jock Meiring (19) die nasionale reunie van Grey genader op te help met die oprigting van die skoolsaal.

Grey se Nasionale Reunie het borg gestaan vir ‘n lening van £4000 wat later met £500 vermeerder is. Meiring het waardering gehad vir die band tussen Oud – Grey en die skool en was  verantwoordelik daarvoor dat die saal nie na een of ander welbekende Oud Grey vernoem is nie maar eenvoudig net die Reuniesaal . Die saal is gemeubileer deur Oud-Greys wat elkeen £2 geskenk het vir ‘n stoel met sy naamplaatjie daarop. Die saal skep die atmosfeer van ‘n Eton of ‘n Oxbridge College en is die siel van die skool en versinnebeeld die onbreekbare band tussen alle Oud-Greys. (Lewende erfenis p18).
Michael Horak oorhandig sy Engeland Rugby Trui
Rueben Kruger na die 95 Wereldbeker Oorwinning
85 All Blacks in Reunie saal


Friday, September 13, 2013

Bram Fisher was tot in st3 in Oranje. Die Fisher familie het groot bydraes tot die ontwikkeling van Oranje Meisies skool gelewer. Die befaamde liberal historikus en Oxford gegradueerde, Leo Marquard, outeur van The Peoples of South Africa en The Black mans burden, was sy Mentor op Grey. Op Grey Universiteitskollege was die ekonomiese professor Sakkies Fourie, smede stigter van die Progressiewe Party en vader van die latere Old Grey rektor prof Fourie saam met die historikus S B Barnard sy mentore. Bram Fischer het vir Vrystaat skrumskale gespeel teen Maurice Brownlee se All Blacks, Met 'n kopbesering het hy heldhaftig gespeel en Bram se bynaam onder studente was Richard the Lionhearted.("n Seun soos Bram - Hannes Haasbroek)

Louis Babrow

Oud Grey Louis Babrow op 1937 NZ toer: In 1937, Babrow faced the dilemma of whether or not to play a game against New Zealand on Yom Kippur, a Jewish holy day. In the end, Babrow player, with the rationale that he was playing inNew Zealand, not his homeland: "I'm a South African Jew, not a New Zealand Jew and New Zealand is eight hours before South Africa in time. When we are playing our holy day will not yet have dawned in South Africa".
His own opposition to Nazism was to take a highly practical form. As a member of the Medical Corps he was present at Dunkirk, in North Africa and Italy, was wounded at El Alamein, decorated with the Military Cross and mentioned three times in dispatches. After the war ended he was among the personnel who inspected the remnants of Hitler's Bunker in Berlin.

Upon returning to South Africa he had a long medical career, serving for 21 years as an elected member of the national Medical and Dental Council and for 25 years on the University of Cape Town council. He retained an active interest in rugby, serving as president of the university club and as a selector and manager at provincial and national levels. He was among the first to note the exceptional talent of future World Cup-winning flanker Ruben Kruger, a pupil at his own old school, Grey College in Bloemfontein.

Friday, September 6, 2013

Die effek van oorloë op Grey (1855 – 1945)

Grey se geskiedenis en ontwikkeling is nou verweef met die van die Vrystaatse Republiek wat slegs ‘n ander halfjaar vroeër tot stand gekom het en net soos die staat, sy donker dae geken het en hul op skitter wyse te bowe gekom het. Van die begin af was die band tussen skool en staat besonder heg en het drie van die ses presidente van die Vrystaat op een of ander tyd die voorsitter van die kuratorium gewees. (100.p1)

‘n Duidelike begrip van die omstandighede waarin die Vrystaat tot stand gekom het en waarin hy na aanvanklike stryd gegroei het, is nodig om die groei van Grey Kollege te waardeer.

Die direkte effek van oorloë is nie vir Grey vreemd nie. Grey Kollege is gestig in die midde van ‘geskille tussen die jong republiek van die Vrystaat en die Basotho’s. Grey se seuns moes soms op kommando vertrek op hul nuwe vaderland te help verdedig. Die feit dat Engelsprekende Vrystaters net so vasberade soos die Boere geveg het, was ‘n band wat die twee seksies van die bevolking saamgesnoer het en dit het hul gemeenskaplike trou aan die republiek beklemtoon. (100:p1) Die anneksasie van die Griekwalandse Delwerye deur Brittanje het weereens Engels en Afrikaans sprekendes nouer saamgebind

Nadat pogings deur die Kaapse Goewerneur, Cathcart, om ‘n grensskikking met die Basoetoe af te dwing, besluit om van die Vrystaat te ontrek. Sir George Clerk wat as spesiale verteenwoordiger gestuur is om die heerskappy van Brittanje te beëindig, het op 23 Februarie 1854 die Bloemfonteinse konvensie onderteken wat die Vrystaat se susereine onafhanklikheid gegee het. Slegs agtien maande later is Grey Kollege gestig.

Met ‘n diplomatieke besoek van Sir George Grey aan die Vrystaat om ‘n daadwerklike ooreenkoms met die Basoetoe te verkry, is die geld geskenk om ‘n skool te stig.

‘Grey Kollege het bewys dat hy ‘n skool is waar seuns uit albei die taalgroepe mekaar op gelyke grondslag kan ontmoet en mekaar kan leer ken en verstaan’.

Tydens Pres Paul Kruger se besoek aan die Vrystaatse republiek, het die seuns van Grey Kollege opgetree as die presidentswag vir Pres Steyn wat selfs ‘n Old Grey was.

In 1895 na die Jameson inval in Transvaal, moes die Vrystaat van hul tradisionele middeweg afwyk en is voor ‘n keuse gestel tussen Kruger en Milner. Die gevoel onder die meeste Vrystaatse burgers was om by hul broers in die Transvaal te staan.

Die Suid – Afrikaanse oorlog (1899 – 1902) het die eerste uitdaging vorendag gebring om die skool verenig te hou, want skoliere aan die skool het uit beide Afrikaans en Engelse huise gekom. Bekende Old Greys het aan Boere kant geveg soos Schneider, Denys Reitz, ens.  Die meeste seuns het volgens wetlike voorskrif by die kommando’s aangesluit. ‘Op 8 September 1899 het die kuratorium   of beheerraad toestemming gevra om die koshuis te sluit omdat daar slegs 18 uit die 100 seuns oor was in die koshuis. Die oorblywende agleerlinge is nog steeds deur Dr Brille en Mnr Daniel behartig. Aanvanklik het die Vrystaatse regering besluit om die koshuis te gebruik vir siekes en gewondes, maar nadat Lord Roberts Bloemfontein beset het is die koshuis vir die volgende agtien maande deur die Britte as Militêre hospitaal gebruik. Na die vredesluiting het Grey Kollege weer die gebou beset in Augustus 1902.

Grey Kollege moes onder ‘n nuwe regime voortgaan met daardie gees van verdraagsaamheid en samewerking wat ‘n kenmerk was te handhaaf. ‘(100p1)

Tydens die eerste Wêreld Oorlog en die rebellie van 1914 het die pro Brits en pro Duitse ding weer sy kop uitgesteek.

Met die uitbreek van die Tweede Wêreld Oorlog was die Pro – Duits en Pro Britse konflik nie vreemd aan die skool nie. Met bekende ouers van Pro – Duitse leiers op Grey soos die Maritze en Hans van Rensburg. Die leier van die Pro – Duitse faksie Robey Leibrandt was ‘n Old Grey. Bekende Old Greys soos Genl Poole Smuts se adjudant.

In die onderhoude hou al die Old Greys voet by stuk dat Grey nie verdeeld was nie, was daar wel verskeie vorme van konflikte onder die seuns op die speelgrond.

Mnr Wedepohl se herinnering was dat die Britse gesinde seuns hom gereeld gedonder het omdat hy Duits sprekend was en ‘n sogenaamde Nazi. Hy weet nie eers wat ‘n Nazi was nie is sy verweer en is tot vandag toe ontevrede oor die insidente. Mnr Schmidt weer te vertelle dat die Britse gesinde en die Duits gesinde twee lyne getrek het waaragter hul moes staan en dan mekaar met klippe bestook tydens pouses. Dit het voortgeduur totdat een seun ernstig beseer is.

Manie Maritz vertel weer dat as hul teen St Andrews in Bloemfontein rugby gespeel het, is hy geboe deur die Saints seuns en ‘n Ossewabrandwag genoem en as hul weer teen die Afrikaanse skool Sentraal speel het die weer vir hul geskree dat hul Joodse boere was omdat daar so baie Joodse seuns aan Grey studeer het.

Soos vele ander politieke partye en soortgelyke organisasies, het die Ossewabrandwag ook in Bloemfontein tot stand gekom in 1938. Die doelwitte van die OB was die onderhoud, uitbreiding en realisering van die Afrikaners se tradisies en beginsels uit te bou. Die OB was teen Suid – Afrika se deelname aan Britse kant en die OB was van die opinie dat ‘n Duitse oorwinning weer ‘n Afrikaner republiek tot stand kan kom. Plaaslike Hoërskool met soortgelyke sentimente is gewerf en dat na kampterreine op plase in die omgewing gestuur om opleiding in krygskuns en Afrikanerskap. Een van hierdie seuns was Manie Maritz van Grey Kollege wat later beroemd sou word as professionele stoeier. Sy Vader was die befaamde  Boere –Generaal Manie Maritz wat ook hoof van die polisie was in die Smuts regering. Gedurende sy dae op Grey beskryf hy homself as ‘n patriot en rebel en  beide hom en sy vader se aktiwiteite het die polisie se aandag getrek. Manie Maritz is self eendag by Grey opgelaai deur die polisie en vir ses ure ondervra oor hul aktiwiteite. Sy sterk anti – Britse sentimente het veroorsaak dat hy geweier het om te dril tydens kadette wat volgens hom ‘n groot konsternasie veroorsaak het en hy kon op die kant sit. Maritz vertel dat hy en Robbey Leibrandt, wat toe al ‘n oudleerling van Grey was, een aand voor ‘n groot kadet skiet kompetisie, by die skool ingebreuk het al die .22 gewere en ammunisie gesteel het. Alhoewel verskeie onderwysers vermoed het dit was hulle, niks hieroor gesê het nie. Volgend Maritz het hul die gewere aan verskeie OB groepe in die omgewing uitgedeel.
Verder het hy ‘n petisie opgetrek waarin hy versoek het dat ‘n klompie Jode uit die skool gesit moet word anders gaan hy en ‘n klomp boereseuns wat die petisie onderteken het Grey verlaat. Die gematigde skoolhoof, Jock Murray Meiring, wat die bynaam van ‘Chief’ onder beide personeel en leerlinge gehad het, het gehoor van die petisie en vir Manie na sy kantoor ontbied. Meiring het aan Maritz die opsie gegee om te staak met die petisie en dit vir hom te bring of hy word onmiddellik uit Grey geskors. Maritz het dit vir Meiring gebring wat hy onmiddellik opgeskeur het.


Die skoolhoof tydens die oorlogsjare was Jock Murray Meiring wat as chief deur sy personeel en seuns aangespreek is. Hy was oorspronklik van Piketberg in die Wes – Kaap en dit was sy taak om Grey deur die oorlogsjare verenig te hou wat hy suksesvol reg gekry het.

Wednesday, August 28, 2013

Grey Wes- Kaap Nuusbrief 7 Augustus 2012

Goeie dag Menere en Mevroue

Dankie vir al die Old Greys wat gaan deelneem aan die aktiwiteite rondom die Grey – PRG 25 jaar. Selfs die Waterpolo span het gaan oefen in ‘n Pizza winkel. Lekker nuus van Old Greys in die uitgawe. O ja daar is sewe Old Greys in die Salusa 45 Springbokspan. Daar sou nege gewees het maar Dawie en Jackie Snyman het klaar ‘n tennis – afspraak die middag.

Kapt Struwig is op haar plek! (En haar span  het gewen)