Hier is paar vrae oor Grey:
Wat was die Mielieblaar Klub?
Wat was die Hollywood klub?
Hoekom het die seuns in die vyftigs vir Vollies Jnr ‘Harry’ genoem?
Wie het ‘n Sentraal toeskouer katswink geslaan?
Waar was die A veld voor die huidige een?
So wil jy graag uitvind? Ondersteun asseblief die Grey Historiese Mondelinge Projek deur die eerste DVD waarop die eerste drie episodes is aan te skaf. (4 Ure 10 min).
Die projek het onstaan om interessante staaltjies oor Grey op te neem, maar het vinnig in ‘n volskaalse mondelinge historiese projek vernader. Daar is onderhoude gevoer met 35 Old Greys (bekendes en onbekendes soos onder andere Bill Hefer (1942), Wilhelm Landman, Bubu Arndt, Charl Marais, Dawie Snyman), wat gematrikuleer het van 1942 tot 2003 oor hul dae op Grey. Die onderhoude is professioneel opgeneem met ‘n Sony PD 150 kamera en Sennheiser mikrofone in ateljees.
Op DVD 1 is die volgende drie episodes:
Episode 1 - Ek was op Grey...(1 H 23minute)
Ewe skielik gaan die borde in die Reünie sal lewendig word: Hoekom het die klas van ‘47’ twee Dux leerlinge en twee skoolkapteins, waar het van Grey se tradisies ontstaan, watter invloed het die Grey Ball op Grey seuns se lewens gehad, wie het eerste karre geskud, is Ingo Machts die ‘Ultimate Recce’, waaroor was Lappies skaam... ek belowe jy sal lag en selfs trane in jou oë kry oor die hoogtepunte en laagte punte van jou mede Old Greys.
Episode 2 - Rugby Legends (1 H 57minute)
Almal wat in ‘n Grey trui opdraf is ‘n legend of dit nou die eerste span of die saamgeflanste elfde span is! Sien en luister van Springbokke soos Dawie Snyman en Charl Marais tot dramaturg Temple Hauptfleisch en Metal Dix speler Mitchell More se ervarings op die veld...wie was die beste afrigter... die beste fights ...en veral hoe dit voel om saam met jou mede Old Greys vir die Springbokke te speel.
Episode 3 - S’time we play the Tralies...(50min)
Wanneer is Sentraal die eerste keer geverf...wie is vir 6 maande gehok oor Sentraal verwery... hoe voel dit om teen Sentraal te verloor...en nog vele meer insidente met Sentraal.
Van die kommentaar wat intussen ingekry is:
· Daai DVD van jou het ‘n slaaploosheid jinx aan hom! My komplimente! Die redigering is goed, en die inhoud is skitterend – nog beter as mens dink aan die beperkte aantal mense wat verskyn. Dink net hoeveel wonderlike stories is nog onontdek in die land! (Ek sou nie aanbeveel dat jy daardie projek doen nie – jy moet nog jou besigheid ook hanteer!) Ek beveel dit vir enige Grey-hart aan – skitterend! Francois le Roux
· Baie dankie vir jou moeite - En ja ek is nog by die kantoor want ek het heel middag sit en DVD kyk... Willie Viljoen (Gestuur 7.30 die aand)
· Ek het die DVD ontvang en het dit tot die vroeë oggendure bekyk aangesien ek dit twee keer wou sien. Die dele wat my so aangegryp het was as jy so in die manne se oë kyk en jy kan sien hoeveel hulle die skool lief het. Congratulations on your stout effort and the manner in which you captured the essence. It is however a drop in the ocean as there are huge characters out there and they all have a story to tell. Hopefully they will all be afforded that opportunity - Jan Luitingh
· Jou DVD is briljant! Gerrie Swart
· Congratulations on your effort and thank you on behalf of all Old-Greys. WJ Hefer (1942)
· Dankie - weereens ‘n treffer - Herculus van der Walt.
Die respondente is op die eerste DVD is:
Bubu Arndt (1967 – 1978, Skoolkaptein 1978); Nic Barnaschone (1959 – 1970); Matthys Basson (1965 - 1972); Dr Ef. Beukman (1943 – 1953); Arrie de Beer (1955 – 1960); Trevor Champion (1965 – 1970); Ranga Chimombe (1996 - 2000); Ryan Coldman (1993 – 1997); Andre de Lange (1998 – 2002); Pierre du Plessis (1961 – 1962, 1964 – 1968); Wynand Grobler (1988 – 1999); Temple Hauptfleisch (1951 – 1962); John Hayward (1972 – 1983); William Hefer (1936 – 1942); Johan Jankowitz (1994 - 2003); Wilhelm Landman (1964 – 1968, Skoolkaptein 1968); Ewald Lindemann (1966 – 1972); Jacobus Adriaan Louw (1948); Jannie Lubbe (1995 – 1999); Charl Marais (1984 - 1988); Altus Momberg (1988 – 1992); Mitchell More (1996 – 2000); Kobus Pienaar (1999 – 2003); Werner Pretorius (1988 – 1990); Gerard Schmidt (1937 – 1944); Manie Schoeman (1958 – 1959); Werner Struwig (1990 - 1992, 1994 - 1995); Gerrie Strydom (1973 - 1974); Dawie Snyman (1960 – 1967); Ruan vd Merwe (1982 - 1986); Jaco vd Walt (1977 – 1981, Skoolkaptein 1981); Koos van der Walt (1948 – 1959); Werner (Bakkies) van der Walt (1988 – 1992); FW van Heerden (1946 – 1947); Fred Vorster (1984 – 1995); Jan Vorster (1950 – 1954); Peter Wedepohl (1942 – 1944, 1947 – 1948); Gavin Wolhuter (1985 – 1987).